Is Dit Net Ek Of Is Als Tos ?

October 9, 2008

Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? – Moontlik die snaaksste boek ooit in Afrikaans!

Filed under: Uncategorized — admin @ 10:57 am

Wat is in die boek?
In ‘n neutedop, Suid-Afrika en dit wat ons beinvloed, van A tot Z – met als wat ons irriteer, frustreer, warm onder die kraag maak, verveel of sommer net ons dag opneuk.

Meer as 150 aspekte van vandag se lewe loop kwaai deur insluitende die AWB, Blou Bul ondersteuners, call centres, Eskom, gholf op TV, lapswaaiers, Oppikoppi boneheads, Saffas, Star Wars junkies, Telkom, Joost van der Westhuizen, Vereenigning, witmense met dreadlocks en talle ander.

Die Skrywers
Griffin en Chopper Charlie is twee van die ouens betrokke by die berugte watkykjy website. Sedert hulle kinderdae in Vereeniging het hulle nog altyd hul bekke vol, veral oor goed wat tos is.

Hoekom moet ek die boek koop?
Want dit is een van die min goed wat oorbly wat nie tos is nie. Dis die ideale kersgeskenk teen slegs R95. Dit is ook in kort leesdeeltjies geskryf sodat stadige lesers, dom mense en souties ook die die boek kan geniet.

Gaan gerus deur die links op die regterkant om ‘n unieke voorsmakie van die boek te kry, waar om dit te koop ensovoorts. Klim dan dadelik in jou kar en gaan koop dit vir elke geliede in jou familie, jou beste tjommie of jou troeteldier.

CLICK HIER EN KOOP DIT NOU!

Advertisements
TrackBack URI

Blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: