Is Dit Net Ek Of Is Als Tos ?

Persverklaring

Nuwe Afrikaanse boek spot met als wat ons irriteer

Crocs. Eskom. Die ANC Jeugliga. Kaapse bestuurders. Is dit net ek of is als tos? is die Afrikaanse weergawe van die blitsverkoper Is it just me or is everything kak? wat spot met allerlei goed wat gewone Suid-Afrikaners ’n akute pyn in die agterstewe gee.

Alhoewel die Afrikaanse titel in prinsiep gebaseer is op die Engelse weergawe is die onderwerpe, humor en styl doelbewus aangepas vir die Afrikaanse leser. Meer as 150 aspekte van vandag se lewe loop kwaai deur insluitende die AWB, Blou Bul ondersteuners, Butana Komphela, gholf op TV, Hummers, Noot vir Noot, Vereeniging, witmense met dreadlocks en talle ander.

Plaaslike sterre wat deurloop sluit in Dozi, Steve Hofmeyr, Joost van der Westhuizen en Gareth Cliff. Oor laasgenoemde sê die skrywers: “Dit is ontsaglik teleurstellend dat ‘n irriterende klein mannetjie vol angs met ‘n gesig vir radio dit tot op TV gemaak het as ‘n irriterende klein mannetjie vol angs met ‘n gesig vir radio.”

Die boek is alfabeties gerangskik volgens onderwerp. Inskrywings wissel in lengte, maar is tipes 300 woorde of minder wat dit perfek maak om in sarsies te geniet.

Vir mense wat nie mooi kan lees nie som ons op: Die boek is uniek en nie bloot ‘n vertaling van die Engelse titel nie. Word wakker.

DIE SKRYWERS

griffin en Chopper Charlie, is sedert 2000 al agter die berugte Afrikaanse webwerf watkykjy.co.za waar zef (Eng: common) Afrikaanse kultuur van naderby bekyk word. Sedert hulle kinderdae in Vereeniging het hulle nog altyd hulle bekke vol, veral oor goed wat tos is.

griffin bly in Johannesburg en “werk met computers”. Hy was onlangs betrokke by die Vernon Koekemoer online fenomeen. Chopper leef en werk in Kaapstad.

MEDIA NAVRAE
griffin[at]watkykjy[dot]co[dot]za

chopper[at]watkykjy[dot]co[dot]za

BOEKBESONDERHEDE

Publikasie datum: November 2008

ISBN: 978-1-92013-727-4

Strepieskode: 9781920137274

Prys: R95

Formaat: 198 x 128

Advertisements

4 Comments »

  1. Kom nou Chopper – skouer aan die wiel pappie !!!!!

    Comment by waq — November 13, 2008 @ 2:52 pm | Reply

  2. Chopper, ry jy met ‘n scooter (Vespa)om die persverklaaring te gooi… gooi bietjie moth-balle dat jy finnager ry…

    Comment by Poenderhoes — November 13, 2008 @ 9:02 pm | Reply

  3. chop chop charlie!

    Comment by barkvallas — November 13, 2008 @ 10:18 pm | Reply

  4. Goed, ek is oppad om twee kopie van jou boek te koop Griffin, een vit my en een vir my pel J. ek sal later weer kom inloer en my vyf sente kom gee ok. Sien bietjie uit om weer lekker te lag vir ‘n slag! O ja, amper vergeet ek, flippen geluk met die boek jong!

    Comment by nicolette — November 23, 2008 @ 9:17 am | Reply


RSS feed for comments on this post. TrackBack URI

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: