Is Dit Net Ek Of Is Als Tos ?

Wat ander reken

Maak gereeld ‘n draai hier om te kyk wat ander reken oor ons boek. Obviously is hierdie bladsy voorlopig leeg tot mense actually die boek lees. Ons belpan om interviews, reviews en berigte hier te plaas. Vasbyt.



Interview met Angola Badprop van Sondag koerant


Oorspronlike berig HIER
17/11/2008 05:58 – (SA)
Wat kyk jy?

Angola Badprop

20081114132350boekDie zef wat deursypel is tien teen een toe te skryf aan sy en Chopper se kinderdae in Vereenigning, sê Griffin

Eers het hierdie ouens begin om Afrikaanse zefgeit uit te wys op hul webwerf Watkykjy?.

Daar was enigiets van mullets en Ford Cortinas tot “poef chaf soos ’n pro”.

Nou het die manne ’n boek geskryf oor alles in Suid-Afrika wat hulle irriteer, kwaad maak of net plainweg afpis. Enige iets van Noot vir noot tot poep in die bed.

Die twee skrywers, Griffin en Chopper Charlie, speel good cop bad cop oor hul nuwe baba: Is dit net ek of is als tos?

Waarom het julle die website Watkykjy? genoem?

Griffin: Iemand het my gevra of ek koffie, tee of wyn wou drink. Ek het natuurlik vir die wyn ge-opt en die naam van die bottel wyn was Watkykjy? met allerhande instruksies in gepeperde Afrikaans.

Chopper: “Wat kyk jy?” is gewoonlik wat ’n bonehead vir jou skree voor hy jou ’n vet vuispastei deur die neus voer. Somehow was dit gepas.

Vertel bietjie meer van die gedeelte op die site wat bekend gestaan het as “zef slang”?

Griffin: Dit was nuwe woorde om dinge te beskryf, soos “bobbejaanbrille” vir ’n “bra”. Daardie gedeelte van die website het lank terug gesneuwel met die ou formaat. Watkykjy? is nou meer ’n blog.

Chopper: Zef Slang was like ’n Oxford Dictionary vir damduikers en windgatte. Dis hoe die outies van die strate hom praat. Like in: “Zik my blaar. Gaan ons ’n skuimkoppie deur die nek jaag voor die krimpies pitch?” (Vertaling: Hallo ou vriend. Lus om ’n bier te nuttig voor ons ouers terugkeer?)

Oor die boek: daar is twee volumes van die Britse boek, Is it Just Me or is Everything Shit?. Het julle boek enigiets daarmee in gemeen?

Griffin: Ja en nee. Tim Richman is die outeur van die (plaaslike) Engelse boek “Is it Just Me or is Everything Kak?” wat ek aanneem gebaseer is op die oorsese boek. Iemand wat weet van Watkykjy? het Tim van ons vertel. Hy het ons genader om ’n unieke een in Afrikaans te skryf.

Chopper: Ons s’n is egter baie snaakser as enige iets anders wat jy ooit sal lees.

Is dit veilig om te sê hierdie boek is ook ’n disseksie van Afrikaner-zef?

Griffin: Ek sou nie so sê nie. Dit gaan meer oor issues in Suid-Afrika en die boek is toevallig in Afrikaans geskryf. Die zef wat deursypel is tien teen een toe te skryf aan my en Chopper se kinderdae in Vereeniging, of V-Town soos meeste mense liefderik daarna verwys.

Chopper: Ek skiem nie dis veilig om enigiets oor dié boek te sê nie, China. Daar is Afrikaner-zef in, soos Blou Bul-ondersteuners en Nicholis Louw, maar ook ’n hele spul ander goed wat tos Suid-Afrikaans eerder as Afrikaans is.

Noem ’n paar “tos” goed wat deurloop in die boek.

Griffin: Steve Hofmeyr, 7de Laan, Telkom, pryse in Kaapstad, spatare, Jon Qwelane, Dan Roodt, Dozi, poepe onder die kombers …

Chopper: … Crocs, Gareth Cliff, die ANC, die DA, Centurion-tannies, car guards, ereksies op snaakse tye, Hummers, Afrikaanse rekenaarterme en enige iets anders wat ’n ou se dag, maand en jaar spoil.

Wat was jou gunstelingdeel om te skryf?

Griffin: Die hele skryfproses was moerse lekker. Ek het met die proeflees en deurgaan gereeld my gat af gelag vir ons eie jokes en kon dan nie onthou of dit ek of Chopper was wat dit neergepen het nie.

Chopper (in aansitterige nasale stem): Ag, dis maar soos jou kinders jy weet – jy’s ewe lief vir almal. Om eerlik te wees, ek kan nie onthou nie, maar dit was great om op ’n gestruktureerde wyse oor alles te bitch wat ons afpiss. Moan werk nou maar eenmaal soos om te poep – eerder uit as in, my bra. Eerder uit as in.

) Meer oor Is dit net ek of is als tos? op http://www.alles.co.za. Watkykjy? is deesdae ’n blog op http://www.watkykjy.co.za.

Uittreksels uit Is dit net ek of is als tos? Hier loop Blou Bul-ondersteuners en junkies van celebrity-nuus deur:

Blou Bul-ondersteuners:

“Was jy al op Loftus as dit vol is en dit rof is?”, sing grapgat Leon Schuster destyds in ’n poging om die unieke gees te beskryf wat heers wanneer Pretoria se rugbyspan die dag ’n game het. Jy hoef nie eers op Loftus te wees om hierdie bedenklike ervaring te beleef nie.

Blou Bul-ondersteuners is oral. Hulle is rondom Loftus vanaf negeuur die oggend en hulle is op die pawiljoen as die Bulle elders speel. Op hierdie plekke is hulle gewoonlik groot, vet en blou met wit horings op hulle koppe. Sommige verf net hul rooigedrinkte gesigte blou, ander hulle pense ook. Want pense is standaard in dié geweste.

Almal se bloed is blou. Mans, vrouens en kinders. (Altyd die kinders. So jonk, so onskuldig, so blou.)

Moenie dink Blou Bul-ondersteuners bly net naby rugbyplekke nie. O, nee. Trotse Blou Bul-families stoot Saterdae trollies vol vleis in middelklas winkelsentrums rond en ry groot vierwielaangedrewe bakkies met dik tekkies en blou ballas aan die towbar. Want hulle ballas is ook blou. Die hele familie s’n.

Celebrity-nuus

Het Angie vir Brad gesteel? Wat is Tom en Katie se kind se naam? Het jy al daai piekie van Austin Powers se seksvideo gesien?

Ewe skielik maak dit moerse saak of mens kan saampraat oor hierdie ster wat te maer is, daai een wat koek gewys het toe sy uit ’n kar klim en die ander een se huis wat $7 miljoen werd is. Mens vang jouself dat jy intune op k** soos E! terwyl jy kanaaljag of dat jy jou girl se Heat saamsleep vir die oggend se toiletsessie. Vriende – mansvriende – stuur vir jou prentjies en video’s aan van sterre wat k** maak, k** praat, k** lyk en sommer net k** is. Terloops, hét jy al daai piekie se seksvideo gesien?

Teken In Op Sondag

4 Comments »

  1. schweet, my bru..!

    Comment by Frikkie — November 18, 2008 @ 3:42 pm | Reply

  2. As jy mense ken wat laas ‘Otto gaan stap’ gelees het in Sub A is hierdie ‘n great krismis geskenk want hulle mag dalk tot verby die voorwoord kom

    Comment by Ronel — November 24, 2008 @ 8:53 am | Reply

  3. Baie goeie boek ek het nouriedag dit gekoop lekker gelag en sommer klaar gelees.

    Comment by Sellotape — December 3, 2008 @ 8:43 am | Reply

  4. Yes julle twee bere sal ook die stukkie africana aanskaf as ek tuis is begin Jan

    Hou aan die dromme tromme!!

    Comment by hopnop — December 4, 2008 @ 6:22 pm | Reply


RSS feed for comments on this post. TrackBack URI

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: